ATKV-Rieldansfinaal

  • 0

Jeuk jou voet gedurig? Of hou jy daarvan om te bokspring, vlerk te sleep of soos ’n parmantige bobbejaanmannetjie al wat ’n perkaat is uit te haal? Indien jou antwoord “ja” is, mag jy beslis nie die ATKV se Sewende Nasionale Rieldanskompetisie in die Paarl misloop nie.

Die ATKV-Rieldansfinaal vind op 1 Desember om 19:00 by die Liqui-Fruit Amfiteater plaas.

Die spanne wat deelneem in die Senior Afdeling sluit in Witzenberg (Senior kampioen),  Loeriesfontein Kliptrappers, Peperbus van Fraserburg, Ratelgat van Vredendal.

In die Junior Afdeling is die spanne Die Betjies van Betjiesfontein, Rietfontein van Fraserburg, Calvinia Sitstappers, Rapystone van Fraserburg en Die Nuwe Graskoue Trappers van Wupperthal.

Die gaskunstenaar is David Kramer, met aankondigers Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan-faam) en Elias P Nel  (ATKV-Projekorganiseerder).

Navrae oor kaartjies kan gerig word aan Elias Nel by eliasn@atkv.org.za of by 021 886 7156.

Kaartjies is ook beskikbaar by Cultivaria, Hoofstraat 132, Paarl, of by ATKV-Streekkantoor, Ryneveldstraat 32, Stellenbosch.

Kaartjies kan ook aanlyn bespreek word by www.cultivaria.com.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top