
Kom pluk ’n veer vir jou hoed.
Die 2013 ATKV-Mediaveertjies word op Vrydag, 19 April tydens ’n gala-geleentheid by Vodaworld in Midrand toegeken.
Die ATKV-Mediaveertjies is die mees gesaghebbende Afrikaanse mediatoekennings.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag, 6 Februarie 2013. Die wenner van elke kategorie ontvang ‘n trofee en R3 500 prysgeld.
Die reglemente en inskrywingsvorms vir elke kategorie is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za
Hiermee die verskillende kategorieë:
Radiopryse
- Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram.
- Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram.
- Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of dieptenuusprogram.
- Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram.
- Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram.
- Beste nuus- of dieptenuusprogram.
- Beste dokumentêre program of programreeks.
- Beste radiodrama of -teater.
- Beste akteur of aktrise in ’n radiodrama of -teater.
- Beste aanbieder by ’n streeksradiostasie.
- Gewildste radiopersoonlikheid (publiek stem).
Pryse vir Gedrukte/Elektroniese Media
Koerante
- In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek.
- Beste persoonlikheidsprofiel.
- Finansiële verslaggewing of persoonlike finansies.
- Kunstejoernalistiek.
- Beste leefstyl-storie.
- Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar.
- Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant.
Tydskrifte
- In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek.
- Beste persoonlikheidsprofiel.
- Reisjoernalistiek.
- Kunstejoernalistiek.
- Beste leefstyl-storie.
- Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar.
Televisiepryse
Verhalende genres
- Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama.
- Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama.
- Beste dramareeks of enkeldrama.
- Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama.
- Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama.
- Beste akteur in ’n sepie.
- Beste aktrise in ’n sepie.
- Beste sepie (beoordelaars nomineer).
Aktuele genres
- Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram.
- Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram.
- Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram.
- Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram.
- Beste nuus- of aktualiteitsprogram.
- Beste gesels- of joernaalprogram.
- Beste nuusleser.
- Beste dokumentêre program of programreeks.
- Beste vermaaklikheidsprogram.
- Beste leefstylprogram.
- Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids- of leefstylprogram.
Vir navrae oor inskrywings kontak Jeanné Naudé by 011 919 9088 of stuur e-pos aan jeannen@atkv.org.za
Vir algemene navrae kontak Nita Cronjé by 011 919 9087 of stuur e-pos aan nitac@atkv.org.za
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Good day
Entries close on 7 February 2014. The event will take place on 9 May 2014 - LitNet