Die ATKV is ’n kultuurorganisasie wat ten doel het om die Afrikaanse taal en kultuur aan te wend ten einde ’n bydrae te lewer tot die suksesse in Suid-Afrika. Die hooffokuspunte van die ATKV se kultuurvisie is die taal, kunste, gemeenskappe (sosiaal-maatskaplik en omgewing), asook die onderwys.
Die ATKV-Redenaars- en Debatskompetisie is vir baie jare al van daardie vlagskipprojekte wat die ATKV in staat stel om invloed uit te oefen ter ondersteuning van sy visie. Dié projekte ondersteun nie net die gebruik en bevordering van Afrikaans nie, maar ook die ontginning, opleiding en aanmoediging van redenering, debattering en leierskapsontwikkeling.
Op 16 Augustus het die 18de nasionale ATKV-Redenaarsfinaal vir laerskoolleerders plaasgevind.
In die afdeling Graad 1–3 is Francois Hay van Bryanston Parallel Medium as algehele wenner aangewys, met Anuscha Senalta van Schonkenville Intermediêr as naaswenner. Melissa J van Rensburg van Laerskool Vastrap het derde geëindig, en Leana Swarts van Laerskool Pietersburg-Oos is as beste taalgebruiker aangewys.
Emmeré Steenkamp van Laerskool Pietersburg-Oos is aangewys as algehele wenner vir Graad 4–5, met Bernice Swartz van Laer Volkskool Heidelberg as naaswenner. Leoné Goosen van Laerskool Elarduspark het hier derde geëindig. Emmeré Steenkamp het ook die prys as beste taalgebruiker ontvang.
In Graad 6–7 het Dawie Fourie van Windhoek Afrikaans Privaatskool die eerste plek behaal, met Tharina Barnard van Laerskool Marble Hall tweede en Anandi de Witt van Laerskool Eversdal derde. Die beste taalgebruiker was Tharina Barnard van Laerskool Marble Hall, en Anandi de Witt het die toekenning ontvang vir die beste onvoorbereide toespraak.
In die afdeling Eerste Addisionele Taal Graad 6–7 is Isabella Letlhake van Laerskool Elsburg as algehele wenner aangewys, met Qudsiyya Ismail van Laerskool Delareyville tweede en Christopher Lowe van Grey Kollege derde. Die beste onvoorbereide toespraak is gelewer deur Qudsiyya Ismail van Laerskool Delareyville, en Isabella Letlhake van Laerskool Elsburg het die toekenning vir die beste taalgebruiker ontvang. Op 17 Augustus is die 46ste nasionale ATKV-Redenaarsfinaal vir hoërskoolleerders aangebied, met die volgende wenners:
In die afdeling Eerste Addisionele Taal Graad 8–9 is Anette Rabe van Hoërskool Piet Retief aangewys as algehele wenner, met Melissa Davids van Hoërskool De Kuilen in die tweede plek en Lego Ngele van Sutherland High in die derde plek. Anette Rabe is ook aangewys as beste taalgebruiker, terwyl Melissa Davids die toekenning ontvang het vir die lewering van die beste onvoorbereide toespraak.
Mieke Hofmeyr van Hoërskool Transvalia is aangewys as algehele wenner Graad 8–9 Huistaal, met Liané Badenhorst van Hoërskool Waterkloof in die tweede plek en Dylan Kilian van Hoërskool Richardsbaai in die derde plek. Liané Badenhorst van Hoërskool Waterkloof was beste taalgebruiker en Mieke Hofmeyr het die toekenning ontvang vir die beste onvoorbereide toespraak.
Khutso Matlou van Hoërskool Merensky was die algehele wenner in die afdeling Eerste Addisionele Taal Graad 10–12 en is ook aangewys as beste taalgebruiker, en het ook die toekennning ontvang vir die lewering van beste onvoorbereide toespraak. Erwin Smith van Hoërskool Hugenote was tweede en Carlyn Faroe van Hoërskool De Kuilen derde.
In die afdeling Tweede Addisionele Taal Graad 10–12 is Motsepe Tsiu van Sutherland High School as algehele wenner aangewys en het ook die toekenning ontvang vir die beste onvoorbereide toespraak en die beste taalgebruiker. Thuli Msiza van Hoërskool Ben Viljoen was tweede en Boineelo Kgoronyane van Hoërskool Noord-Kaap was derde.
Johan Taljaard van Reitz is in die kategorie Graad 10–12 huistaal as die beste taalgebruiker, beste seunspreker en algehele wenner aangewys. Cornita Steenekamp van Potchefstroom Gimnasium was tweede en is ook aangewys as die beste dogterspreker. Dalene Grobler van Hoërskool Hoogenhout was derde.
Op 18 Augustus het die ATKV-Debatsfinaal plaasgevind en is Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria as algehele wenners aangewys in die afdeling Hoërskool Junior, Graad 8-9.
Spanlede was Jessica Knox, Milla Wolmarans en Heleen Ferreira. In die tweede plek was Christoph Bernet, Kevin van der Watt en Jacques Compaan van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Animé Benadé, Danielle van Schoor en Cara Jacobs van Hoërskool Menlopark was derde. Milla Wolmarans van Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria is aangewys as die beste taalgebruiker.
In die afdeling Hoërskool Senior, Graad 10–12 is Wihan Barnard en Inus Lutz van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria as algehele wenners aangewys, met Inus Lutz as beste taalgebruiker. Rayno Mostert en Johan Taljaard van Hoërskool Reitz was tweede en Nicole Rabie en Wini-Louise Myburgh van Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria was derde.

Van links na regs: In die kategorie Graad 10-12 Huistaal was Dalene Grobler van Hoërskool Hoogenhout derde. Cornita Steenekamp van Potchefstroom Gimnasium was tweede en is ook aangewys as die beste dogterspreker. Johan Taljaard van Reitz is as beste taalgebruiker, beste seunspreker en algehele wenner aangewys.

