ATKV Centurion ondersteun VLU Eldoraigne tydens hul Jaareindfunksie

  • 0

ATKV Centurion ondersteun VLU Eldoraigne tydens hul Jaareindfunksie.

VLU Eldoraigne het met hul Jaareindfunksie vandeesweek op die tema “Koester en Bewaar” gefokus.

Senior burgers van Centurion is vanjaar as gaste na die funksie, wat vanjaar  by die Hervormde Kerksaal  Zwartkop plaasgevind het, genooi.

Benewens die interessante uitstalling van lede se handewerk, het sangers en musikante ook as gaskunstenaars opgetree.

Mnr. Sakkie Kotze van die ATKV was vanjaar die gasspreker.

Hy het in sy toespraak verwys na die internasionale-, nasionale-, plaaslike- en gesinsvlak van geleenthede en aktiwiteite waar koestering en bewaring in die samelewing plaasvind.

“Die energiebronne in die wêreld en in ons land moet gekoester en bewaar word vir ons voortbestaan en die toekoms van ons nasate. Ons is in Suid-Afrika gese?n met pragtige natuurskoon, fauna en flora, pragtige bergreekse en Tafelberg as een van die sewe “Wonders van die Wêreld”.

Sakkie het ook na die belangrikheid van koestering en bewaring van ons taal, kultuur en godsdiens verwys en o.a. gemeld dat dit die kernboustene van menswees is wat aan ons daaglikse bestaan sin en betekenis gee.

“Koestering en bewaring kry egter eers ware sin en betekenis in ons persoonlike lewe deur die wyse waarop ons as gesin, familie en vriende mekaar koester. Die trots, waardering en bewaring van dit wat vir ons  as gesin en as familie, as taal- en kultuurgroep  kosbaar is, lei daartoe dat ons ook die ander taal- en kultuurgroepe in ons land respekteer.

As ons in kleiner kring die sin en betekenis van koester en bewaring verstaan en toepas, dan eers kry koestering en bewaring van ons natuur, ons hulpbronne, ons taal, kultuur en godsdiens eers ware sin en betekenis.”

ATKV

Op die foto verskyn Johanna van Biljon (Voorsitter van VLU Eldoraigne) en Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion) saam met Willie Jooste, ATKV Centurionmusikant wat ook as een van die gaskunstenaars tydens die funksie opgetree het.

Navrae:
Sakkie Kotze 082 925 1488
Voorsitter ATKV Centurion en Direksielid ATKV SA

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top