astrant (toe ons nog self kon vlieg)

  • 0

my soetsappigste
petite heuningblommetjie, jy
my eie suikerbekkie
vleiloerie van my.

fyn klein
geelgrys tinktinkie -
sagste kiewieterige lyfwyfietjie jy,
jou donsveertjies die kielie vir my.

en die leperige uilskuiken
wil plotselend in jou kom ooievaar
en groen kraaloogkleintjies
in jou nessie kry.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top