As liefde te ver gevat word
Dit is warm en ek dink die hitte vertraag my dinkproses
Het ek regtig gesien wat ek dink ek gesien het?
Of was dit net als ? emosionele aanvraag op wat onder my bewussyn lê?
Nee, my oë was reg en my hart weer verkeerd
hierdie parkie het ? trio se toekomste gesteel
Kom nader sodat ek my pyn aan jou kan afsmeer
Die sagte gras verbeter nie die harde impak van jou woorde nie
Hul sê jy moet mos nooit wit dra na labour day nie
Maar skat, jy’t nie ? keuse nie
Op een manier of ? ander gaan daar bloedmerke wees
Myne, of joune, of syne
Maar dis moeilik om iemand seer te maak vir wie jy omgee, of so het ek gedink
Ek is al talle kere verkeerd bewys deur verlede romanse
Moenie skree nie, hierdie lem is bedoel om die middelman te verwyder
wees net kalm en ek sal al die bewyse van sy bestaan verwyder
Hy het nie veel agtergelos nie, het hy?
Glo my, dit mak my seerder as wat dit jou maak, want nou het ek nie meer kompetisie nie
Maar vee jou trane af, skat, want dit was als vir jou
Kom ons wees eerlik, as dit nie vir jou was nie
dan het hy seker nog ? dag gehad om ? valse profeet te wees
Om opgebruikte woorde bymekaar te slaan en talentvol te verskyn
Kyk, hier lê die bewyse dat ? broodjie nie aan albei kante gesmeer kan word nie
Ses voet onder die grond, net soveel woorde kan keer wat die wurms aan hom sal doen
Ek’t jou nou net bewys hoe lief ek jou het en my belofte gehou
toe ek gesê het niemand sal ooit tussen ons kom nie
Jou histerie maak sake nie beter vir ons 48uur-planne nie
So aanvaar hierdie tou, dis om jou vas te hou terwyl ek die man sal wees en alle sake hanteer
Want geen vrou is gelukkig in ? kombuis om net kos te maak nie
Ek gaan die wêreld vir jou gee en meer, doen net asseblief wat ek sê
Ek sal alle beeldmateriaal van jou gedagtes af verwyder sodat jy op ? nuwe bladsy kan begin
Dwelms, wat ? wonderwerk, wat ? teken van bo terwyl die lyk vrot van onder
Engel, ek’s nie jammer niem maar jy kan my vergewe as jy wil?
Hierdie is die toppunt van liefde, glo dit of nie
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


