"As jy gaan" deur TJ Potgieter

  • 0

Soen my net voor jy gaan
Verder af in jou verwoestende wentelbaan
Sê vir my jy’s nog steeds lief vir my
Net voor jy verder gaan en ek doodstil verstom...
hier agter bly
Sê net dit was al die trane werd
Voor jy verder aan swerf
Jou naam vir ewig in my ingekerf

Na alles hoop ek dit was die moeite werd
Met snye op my hart wens ek jou voorspoed toe
Laat die hart maar bloei
Liefde is nie altyd genoeg nie
So laat hom maar bloei

As jy weg loop kyk net eenkeer om
Jou paaie skeef en krom
Ek staan doodstil en verstom
Sê dat jy sal altyd onthou
Hoe ek jou in my arms kon omvom

Na alles hoop ek dit was die moeite werd
Met snye op my hart wens ek jou voorspoed toe
Laat die hart maar bloei
Liefde is nie altyd genoeg nie
So laat hom maar bloei

Onthou my as jy alleen raak en jou pad donker is
en jy kry koud en bewe
Onthou hoe ons nog deur alles kon saamlewe
Van al jou leuens was die mooiste toe jy sê jy’s altyd daar
Al my drome uit my hande na die hemel toe vaar
Maar as jy gaan, draai net om vir een soen
Jou heel laaste ene sal dit vir my kan doen

Na alles hoop ek dit was die moeite werd
Met snye op my hart wens ek jou voorspoed toe
Laat die hart maar bloei
Liefde is nie altyd genoeg nie
So laat hom maar bloei

Na alles hoop ek dit was die moeite werd
Met snye op my hart wens ek jou voorspoed toe
Laat die hart maar bloei
Liefde is nie altyd genoeg nie
So laat hom maar bloei

Na alles hoop ek dit was die moeite werd
Met snye op my hart wens ek jou voorspoed toe
Laat die hart maar bloei
Liefde is nie altyd genoeg nie
So laat hom maar bloei

As jy te laat omdraai sal ek nie meer daar wees nie
Nie fisies of meer in my gees nie
Los my met al my sonde en vlug jy dan in onskuld
Terwyl ek al die moeilike vrae en gevegte sal uit duld
As jy my soen sal dit die laaste keer wees wat jy my gesig sal sien
Gaan soek jy vir jou iemand wat jou valsheid verdien
soek iemand wat jou foute ook kan raak sien
So lief soos wat ek vir jou is
Laat hom bloei dis al wat die liefde is

Winter of somer bly die gevoel die selfde
jy dra n stukkie van my hart
meer as die helfte
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top