As ek sterf

  • 0

Foto: Canva

As ek sterf

As ek sterf
moenie vir my huil nie
wees bly vir my
omdat jy sal weet
waar om my te kry
vry van vlees en voel
vry van tyd en stryd
van besluit

om voort te vloei
in liefde
in die sagtheid
van saligheid
van alles weet
omdat nou
weet ons net ten dele
as ons dood is
sal ons alles weet
alles ken
soos ons geken is

as ek sterf
moenie vir my huil nie
wees bly vir my
ek swerf na waarheid
na vrede en liefde
waar blomme groei
wat ons hier so mis
so sal ons alles sien
presies soos dit is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top