"As Ek Maar Net" deur Ralf Swart

  • 0

As Ek Maar Net

Te gerieflik het ek groot geword
te gemaklik het ek geleef
Te kommerloos was my gedagtes
en te duidelik was my leed

Oes onvoltooide passie
uit my kop en uit my siel
Die gedruis van veilig wees
bars my hoop en als verniel

REFREIN:
As ek maar net
as ek maar net
uit gemaklikheid getree het
Kon ek sorg vir al die res
tot ek voel dat ek te veel het

Vars genot spreek honger oë
Verwelkom deeltydse verslawing
Deeltyds is skadeloos
maar sorg net vir klein vergoeding

Ek wonder al soms van kleins af
waarheen die kruispaaie lei
Dikwels wandel my idees
en dikwels word ek spyt

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top