
Foto: Canva
As ek kon
as ek kon sou ek vir jou
die wolke voor die son wegskuif
en jou eensaamheid die dieptes
van die oseaan indryf
ek sou jou hartseer vang
en aan ’n vlinderbos ophang
waar dit sal uitdroog in die son
en met die winterbries heengaan
ek sou vir jou ’n nagtegaal
uit die oewerbos loop haal
en dit loslaat in jou hart;
waar dit dag en nag sal sing oor liefde
waarin jy kan volhard


Kommentaar
Ai man, beautiful! Dankie Loretta.
Dankie dat jy die mooi gedig met ons deel.
Baie dankie vir die saamlees Miche, jou mooi kommentaar word diep waardeer.
Dis net 'n plesier - dankie vir die saamlees Marié.