"As ek jou vat" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

As ek jou vat

Ek sien jou heel aand, hoe kyk jy my uit
Jy het my hart laat ontplof sonder kruit
Ja, ek weet daar is nog bietjie tyd
maar los dit te lank, dan is ek dalk spyt
Ek soek jou hier langs my ek gaan jou nie los nie
Ek sal als vir jou koop, gee nie om wat dit kos nie
So vat my hand, kom saam met my
al wat ek wil hê is dat jy saam moet ry

REFREIN:
As ek jou vat, is dit nie fliek toe nie
As ek jou soen, gaan ek jou nie op die kies soen nie
As ek jou vat, is dit nie fliek toe nie
Ek vat jou huis toe vanaand

Ek psych myself op, ek kry die guts
om met jou ? kans te vat
Ek vat ? lang sluk aan my dop
ek kyk na jou en ek staan op
Ek staan hier voor jou en ek sê
hoe ek net vir jou by my wil hê
Vir altyd saam sweer ek voor die dood
toe staan jou ou langs jou en hy is groot

REFREIN

BRUG (x2):
My droom verwoes
Nou moet ek net koes

REFREIN (x3)

Ek vat jou huis toe vanaand (x3)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top