As die jare yl

  • 0

As die jare yl
word om my kop
en my vingers soos
krom wingerdstokke word,

as ek in die vroegoggend
rooiwang appels gaan koop
en stadig tussen die dennebolle
en akkers deurloop

sal langs my ’n
krom ou omie loop
met geruite pet en room trui

netjies toegeknoop...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top