Armoede
Die armoede in ons land maak my bang
Soveel mense in ellende vasgevang
Honger oë staar my aan langs die straat
Oë wat sonder woorde met my praat
My hart in my binneste verskeur
Hoe kry ek uit my menswees hierdie seer?
En ek wens vir elke een net die beste toe
Maar hoe?
Maar hoe?
As die rykes uit hul lang limo’s klim
met pelse en juwele wat saans glim
staan die bedelaar en kyk en kan hy nie verstaan
hoe word die weg vir elke mens gebaan
Sommiges so veel en ander geen
Party vervloek en ander weer geseën
En ek wens vir elke een net die beste toe
Maar hoe?
Maar hoe?
REFREIN:
As ons almal hande neem, ons hart se deur oopmaak
kan ons iets doen aan die saak
Gee mekaar die hand
Versterk die liefdesband
Dis hoe, dis hoe, dis hoe
Had ek maar Midas se fortuin
Kon almal ry op oorvloed-golf se kruin
Vir elke honger kind en elke arm mens
? warm bed en volgestopte spens
? Donskombers en lekker warm jas
en warm water om hul in te was
En ek wens vir elke een net die beste toe
Maar hoe?
Maar hoe?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


