Ark
Gaan nou uit
en maak konfytbroodjies
Kieries en krale
deel dit uit en vertel aan almal hoe lief ek haar het
Draai al die krane oop
Laat die diere uit die tuine loop
Bou ? ark en verf dit geel
dat sy weet dis ek
Roep vir God en laat weet Hom
wat ek besluit het
Maak seker dat Hy na haar gekyk het
Vertel Hom hoe lief
hoe lief ek haar het
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


