"Arcadia" by Martin Lowis

  • 0

Arcadia

Spitstyd in Arcadia, die Jakaranda bloeisels hang
Van Schaik's se rakke leeggekoop
en die eerstejaars verlang

Ek staan hier by die OTM, maar hy se my luck is uit vanaand
Ek sal myself moet voorberei, vir nog 'n nugter maand

Op die foon klink pa benoudnog 'n handboek se geld inbetaal
Ek hoor die twyfel in sy stem, ek't die verkeerde bul opgesaal
Loop jou raak, 'n friend in need
met 'n twintig rand en 'n halwe oor
Karaoke in die Hard Rock Cafe
'n Girl met 'n beurs en ons is weg voor

REFREIN:
En daar's net soveel omdraaiplek in 'n doodloopstraat
En voor jy jou kon kry, is dit als te laat
Soos mis verdwyn ons vriendskap, soos die son en die wyn
en al wat oor is, is hierdie hartseer song
En gedagtes aan daai hoofpyn
en hierdie paar rooi oë

Wel, daar's 'n bliksem in Arcadia met my beursie en R600
'n Foto van my skêr en my eerste studentekaart
Ek wou jou net laat weet ek het reggekom daarsonder
Nou't ek 'n graad en 'n BMW en jy's nog steeds 'n armsalige donner

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top