Applous

  • 0

Fotobron: Canva

strakkies of nee
vir tyd en ewigheid
verkneukel ek my altoos
aan applous

handpalms wat
klakkeloos kletter

of deur      ’n ander oor
soms      ’n dowwe geklopklappery
as die palms bak     staan

die gejoel en gesketter wat dit afbring
as skares mekaar aanhits

formeel, informeel
pompeuse          konserte
klein enklaves
gul, intiem
skyterig
en soms doodeerlik

o wee die ongemak en ellende
as dit halfhartig gebeur
en      ’n verwagte toegif word verbeur

ja, die hele boel
skyn opium te wees
vir      ’n hele kaboedel

iets aan dié spektakel van applous
bly vir my banaal
selfs primitief

as dawerende applous
in
     n konsertsaal ontsluit
druk jou oorgate toe
druk jou oorgate toe
luister
      jy hoor      n driftige reënbui kletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top