Ek noem Dan Roodt, Anton se profeet “Rooi” Daantjie. Hy steel my benaming en noem my heldin “Rooi” Hellen! Rooi Daantjie fabriseer benaminge soos “Botoxzille”; DA=ANC-Lite; ens. En Anton steel hulle vir eie gebruik in sy rubrieke in ’n toon asof hy self die outeur daarvan was.
Daar gelaat.
In die verlede het hy prof Van Zyl Slabbert als Afrikaner verraaier en joiner genoem. Nou is Van Zyl Slabbert groot in sy oë (want die is mos nou oorlede en geen bedreiging vir die gekkegrensers meer nie). Onlangs het hy ’n lywige en eentonige rubriek oor Athol Trollip geskryf waar hy hom in stukkies gekerf het in die Jaap Kelder-debakel. Nou is die Engelse Athol Trollip nie meer so sleg nie (want hy beklee nie meer ’n magsposisie om die gekkegrensers te bedreig nie), kan selfs Xhosa beter praat as die Lindiwe Mazibuko, wat vlot in Afrikaans is!
So dit gaan nie meer oor die Afrikaanse taal vir hom nie, maar wel oor haar velkleur wat hom skynbaar grief. Leef met dit my ting-a-ling-a-ling. Wanneer Hellen die tuig neerlê, gaan Afrikaners vir Lindiwe volg in die afwesigheid van leiers onder eie geledere.
Terloops, is jy nog steeds verward of jy ANC of gekkegrenser is? Is Steve Biko steeds jou groot held soos jy voorheen geskryf het? Of is dit ANC-vinkel en Praag-koljander? Aai boetie! Kom by (get real) en word volwasse.
Jaco Fourie

