"Antie Esta" deur Cornel Cilliers

  • 0

Antie Esta

Antie Esta, sit op die stoep
In haar een hand is ’n Windhoek
In die ander een ’n sci-fi boek
En almal wat haar ken, weet sy dra die broek
En hul sê "dit is nie reg nie,
ken die vrou dan nie haar plek nie?"

KOOR:
Maar sy's antie, antie Esta
anti-establishment, anti-establishment
anti-Die Burger, anti-RSG

Antie Esta is 45
maar sy dra mini’s
sy dra bikini’s
Sy dra krullers in haar hare
maar daar’s rock en roll in haar are
Sy dig dit old school soos Nirvana
en wie’s jy om te stry

KOOR:
Want sy’s antie, antie Esta
anti-establishment, anti-establishment
anti-Mercedes, anti-BMW

Sy sal jou alles gee
vir haar boyfriend sê sy nee
Sy meng Tassies met haar tee
sy betaal nie BTW
Sy sal jou argumente, van die tafel af vee

KOOR:
Want sy’s antie, antie Esta
anti-establishment, anti-establishment
anti-Mercedes, anti-BMW

Sy's ’n Spur Secret Tribe member
Sy kyk Futurama net vir Bender
En almal vra "Wie’s die psycho vrou?
Komaan sê my gou ..."

Sy’s een van ons
Want ons is anti, anti-establishment

Vir my is system sinoniem met hi-fi
en reëls is daar om te defy
al die kerke is korrup
en al die banke is ’n rip
En Afrikaans is nie ’n issue nie, dis ’n taal!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top