Anti-gay aktiviste

  • 5

 ’n Interessante artikel wat toon hoe erg homofobie onder beide Katolieke en Fundamentalistiese Protestante leiers in die VSA is, erger as die van homofobiese Afrika-leiers.

 Hierdie godsdienstige leiers wat sterk insette in die Republikeinse Party het, beweer dat gays vir al Amerika se probleme verantwoordelik is, en dat God Amerika straf weens gays.

 Hulle propaganda is so erg deur gays met Nazi-onderdrukking te vergelyk, gays bedreig godsdiensvryheid in die land, sal veroorsaak dat Christene soos die geval met die holocaust in konsentrasiekampe gaan vergaan; dat  Christene vir gays landuit gaan vlug; dat Christene in opstand teen gays rewolusie gaan verkondig om hulle sogenaamde verlore Vryheid weer terug te wen, ens.

 Dit lyk vergesog, maar lees die volle berig in die Internetskakel hieronder aangegee:

http://www.rightwingwatch.org/content/revolution-anti-gay-activists-threaten-uprising-if-supreme-court-approves-marriage-equality

 

  • 5

Kommentaar

  • Jaco,

    Jou stelling dat hierdie godsdienstige leiers "sterk insette" het in die Republiekeinse party is vergesog. Gay-regte is goed gevestig in die VSA en dié verstoktes het weinig indien énige invloed in hierdie liberale samelewing.

    Ook in SA is gay-regte lankal aanvaar deur die oorgrote meerderheid van die samelewing. Dis regtig nie meer nodig dat jy aanmekaar oor jou skouer loer nie. Niemand gaan jou vervolg nie. Ontspan asseblief nou.

    Dirk Rigter

  • Duitswester

    Pleks van die gedurige venynige tussenwerpsels, debatteer die onderwerp, dan het jy moontliks iets konstruktiefs om by te dra.

  • Ek probeer maar net help Jaco. Jy weet hoe die ouens aan jou kant van die draad dink en voel, ek probeer jou maar net beduie hoe die ouens aan die normale (lees ander) kant van die draad se feite lyk.

    Cheers
    Duitswester

  • Dirk
    Dankie vir jou respons.
    Derhalwe stel ek voor dat jy FEITLIKE voorleggings maak, en nie net wild skiet met subjektiewe aannames soos hierbo nie.
    Jy het ooglopend nie die skakel hierbo gelees, anders sou dit vir jou duidelik wees dat waar jy my beskuldig van: "JOU stelling dat hierdie godsdienstige leiers 'sterk insette' het in die Republikeinse party is vergesog" nie my voorstelling is nie, maar wat in die betrokke skakel voorkom.
    Die sterkse anti-gay aktiviste-leier in die skakel genoem is Mike Huckabee. "Huckabee announced a campaign to seek the Republican nomination for President of the United States in the 2016 election.[10] It will be his second run for the US presidency."
    http://en.wikipedia.org/wiki/Mike_Huckabee
    'n Hele aantal ander invloedryke godsdienstige leiers oa senators, goewerneurs van state, ens se name is ook in die skakel genoem.
    Gay regte is tot dusver in 36 van die 51 VSA deelstate gevestig, merendeels onder die invloed van pres Obama, 'n Demokraat, en gedurende sy presidensiële termyn. Terloops die VSA Demokrate is liberaal, die VSA Republikeine wissel van konserwatief tot verkramp, en die gewigsbalans tussen die twee hoofpartye is omtrent 50/50. Dus jou voorstelling dat die Amerikaanse samelewing liberaal is, is nie heeltemal juis nie.
    Waar ek na homofobiese Afrika-leiers verwys het, het ek SA geensins in gedagte gehad, of selfs genoem nie. SA is nie net die "cradle of mankind" nie, dit is ook die "cradle" van die liberaalste konstitusie ter wêreld, veral mbt die verskansing van gay regte. So jou sarkasme dat ek nie oor my skouer hoef te loer nie is maar net 'n voortsetting van jou vorige pogings om my gay-retoeriek te probeer stilmaak, wat soos ek reeds gesê het, nie gaan gebeur nie.
    Konstruktiewe kritiek, met feitlike voorleggings sal ek altyd verwelkom, maar subjektiewe tussenwerpsels ten doel om maar net 'n eiertjie te lê sal ek altyd met minagting weerstaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top