
Antares tussen σ and τ Scorpii (Judy Schmidt, CC BY 2.0, Wikipedia)
Antares
Ek is skerpioen gemaak
voelkamme onder die hart
om af te tas
te soek
oor woestynsand en klip
tussen stukkies bas bo in die
koelte van ’n knoppiesdoringboom
ingekruip in ’n reisiger se baadjiesak
waar hy niksvermoedend
onder sterre slaap
om eerder as die
gierige gegryp van my
angel
net waar te neem

