"Anoreksie-Lisa" deur Carla Kargaard

  • 0

Anoreksie-Lisa

Jy sit voor die venster
en die suidewind waai
jy vat aan my hand
jy sê dit raak laat
jy is my liefde
jy is my haat
Lisa, jy lyk soos die Kaap

Jy hou jou palm
in my regterhand
jy sê jy is moeg
maar jy sal aanhou soek
jy is my dag,
my middernag
Lisa, jy pas al amper
in my jeans se sak

Refrein:

Kom eet ’n stukkie brood, Lisa
soos ’n swaeltjie uit my hand
Kom vat weer aan die lewe, Lisa
Hoekom staan jy op die rand?

Brug:

Vlieg weg. Vlieg weg, Lisa.
Vlieg oor Tafelberg.
Vlieg weg, van alles weg.
Jou vlerke klap naak
Lisa, ek wou jou heelmaak

Jy slaan aan die brand
in vuur en vlam
jou lyf kwyn weg in my regterhand
Kom uit die as
kom maak als reg
Lisa, hoekom is jy weg?

Refrein:

Kom eet ’n stukkie brood, Lisa
soos ’n swaeltjie uit my hand
Kom vat weer aan die lewe, Lisa
Hoekom is als verbrand?

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top