Annale van 'n Windgat by die Ou Meulteater

  • 0

Annale van ’n Windgat – met Neels Clasen
Sondag, 26 Mei  
16h00 
R100

Dis kraakvars, dis eg (Suid) Afrikaans, dis skreeusnaaks, dis pitkos, dit het gekom om te bly  - dis Annale van ’n Windgat.

Hierdie eenman komedie, geskryf deur Barry van Rensburg, handel oor persoonlikheidstipes en kommunikasie-style.  Die stuk werk met die vier basiese persoonlikhede soos dit deur die eeue uitgekristalliseer het, maar gee hulle nuwe name: daar’s die banggat (die analiseerder), hardegat (die ’driver’) , slapgat (die sosialiseerder) en windgat (die ’band leader’).

Die krag van die play lê daarin dat teatergangers hulleself herken (hulle sien hul gatte!) en kan identifiseer met die persone en situasies wat uitgebeeld word.  Dis lag-sonder-grense met diepte. Almal wat die play sien, dink en praat vir weke oor die show en die implikasies daarvan.

Annale van ’n Windgat bewys dat ons in ons mooi taal bitter snaaks kan wees sonder kras taal of vloekwoorde.

Lizz Meiring sê: “Dis slimsnaaks, vars en perfekte vermaak vir almal.”

Hoogaangeskrewe resensent Paul Boekkooi sê: “Die snaaksste en oorspronklikste teks in ’n dekade.’

Die akteur Neels Clasen (Binneland se Jan Gerecke) is een van ons land se voorste opkomende (komedie) akteurs en blink uit as die Windgat. Ons het reeds by die 70 optredes agter die blad, en was reeds by inniBos, Vryfees en Aardklop (waar al 5 shows voor die tyd reeds uitverkoop was).

Kontak Vicky Stemmet vir besprekings: 083 564 0056 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top