’n Fossiel van ’n duiwel is gevind naby Jerusalem. Die Universiteit van Tel Aviv bevestig dat die horings intak is en ook ’n groot deel van die stertgebeente.
Groete,
Varkspek
2’n Fossiel van ’n duiwel is gevind naby Jerusalem. Die Universiteit van Tel Aviv bevestig dat die horings intak is en ook ’n groot deel van die stertgebeente.
Groete,
Varkspek
2
Kommentaar
Dan is die duiwel mos nou dood, en daarmee die Christendom in sy peetjie in, want waarmee sal gogga nou vir baba bangmaak?
Tipiese oningeligte stelling van jou, Angus (dit is mos kenmerkend).
Ek bemerk spesifiek dat Varkspek die onbepaalde lidwoord “ ’n ” voor die woord “duiwel” sit. Baie skerp van Varkspek (skerper as wat hy self besef het..?)
Maar jy is natuurlik nie so skerp nie. As jy skerp genoeg was, sou jy weet dat daar in die Ou Testament veral, dikwels na bokke verwys is as spirituele 'veldduiwels', omdat sommige soorte bokke in sommige pagan religieë in die tyd as heilig beskou was en as sodanig aanbid, was (en waaruit die 'pan' okkult ontstaan het en die breë satanisme gebruik steeds die bok onder die titel 'baphomet' as medium) – sien ?Levitikus 17:7; ??Deuteronomium 32:17; ?Psalm 106:37; 2 Kronieke 11:15; ?Jesaja 13:21, ?34:14.
Daar word natuurlik in die Nuwe Testament ook na die satan as “die duiwel” verwys. Let op die bepaalde lidwoord “die”. Daar is net een satan en dié is, jammer vir sommige mense, nog nie daarmee heen nie. Jy veral, behoort te weet. Hy speel nog daagliks woer-woer met jou en sien genoeglik hoe jy as gevolg daarvan vir jouself ’n diep put met jou lasterlike tong grawe, waaruit nét die Een vir Wie jy so belaster, God, jou kan uitred…
So, Varkspek se enkel frase is skerp en sinspeel vernuftig, maar jy het weens jou insigloosheid in die slagyster getrap. Dit is dus baie waarskynlik dat mense die fossiel van ’n bok van die soort wat deur die antieke ouens na as 'veldduiwel' verwys, is, gevind het en dit sal dan ook nie vreemd wees om horings en stertbene daarby te vind, nie. Bokramme hét horings én ’n stertjie…
Kobus de Klerk