Angus: Die nuus en geskiedenis

  • 0

Hello Angus

Baie dankie vir die bevestiging van jou kant af en verskoning indien die volgende kras oorkom, maar dit is onmoontlik om ’n “ Jan Rap” te oortuig van hoe hierdie aspek werk. Enige ingeligte persoon wat alreeds blootstelling aan dit gehad het sal onmiddellik verstaan hoe die wisselwerking tussen die opskryf van die nuus en die uiteindelike geskiedskrywe daarna uitsien. Die rede vir die hardkoppigheid is egter te vinde in die desperate poging om nuus en geskiedskrywing oor apartheid as onbetroubaar te probeer afmaak.

Dit verduidelik die verloop van die argument.

Onlangse voorbeelde van nuus verslaggewing wat die roete van nuus na boek en so opname in die vertelling van die geskiedenis oor die onderwerp sal vind, sal Rajiv Chandrasekaran se Green Zone wees of Dexter Filkins se behandeling van die oorlog in Irak. Beide bespreek die verloop in Irak aan en beide is joernaliste.

Baie dankie

Wouter 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top