Andries Bezuidenhout oor David Kramer

  • 0
Andries Bezuidenhout

My gunsteling van David is ... 

Dis regtig moeilik om slegs een gunsteling song of show of whatever van
David Kramer uit te lig. Daar is soveel – van die vroegste “Botteltjie blou”, “Dry wine” (wat eintlik vroeër geskryf is, maar later eers op ’n plaat beland het), tot by die meer onlangse “Oom Kallie”. Ek hou van die superrealistiese stories, beelde en situasies wat sy woorde oproep. Jy kan dit hoor en ruik en aan jou bas voel – baie soos met sy ouer broer se skilderye. Maar mens moet ook nie onderskat wat hy musikaal gedoen het nie. Daar is min mense wat ons eie roots in soveel landerye, plotte, droë rivierbeddings en tussen die kannas en krismisrose in tuinbeddings op voorstedelike sypaadjies gaan soek het. Ek is seker iemand het dit al gesê, maar as’t ware het David ons gewys waar Afrikaanse musiek se wortels gegrawe is.

My boodskap aan David is ...

Ons ken mekaar al sedert 1980 en sedertdien is daar hierdie ongelooflike wedersydse respek. Ons het van die begin af baie dieselfde gedink oor die land en sy mense. Ek dink musikaal het hy die landskap so goed as ’n mens kon, ingekleur. David se aarnemingvermoë is universeel en sy musiek ook tydloos. Wat my betref, is hy een van ons heel grootstes. Op die verhoog was hy nog altyd uitstaande, maar sonder sy skryfbydrae sou ons musikaal baie armer gewees het. Ek het nog altyd gehou van wat hy doen en hoe hy dit doen.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top