André Carl van der Merwe se roman Moffie herbesoek

  • 4
Hier in die buiteland verneem ek dat André Carl van der Merwe se roman van 2006, Moffie,  deur die regisseur Oliver Hermanus verfilm is, en dat die rolprent aansienlike gunstige kritiek in Venesië met die premiere, en toe in London uitgelok het . Aangesien ek nie in die gelukkige posisie is om dit te sien te kry nie, en waarskynlik sal moet wag op die dag wanneer dit in DVD-formaat sal verskyn, het ek die boek nou herlees na ’n periode van bykans 15 jaar.
 
Die roman is ’n outobiografie van Van der Merwe se eie lewe en ondervindinge, en ek vertrou dat die inhoud van ’n jong persoon se stryd om volwassenheid te bereik, en sy tyd in die destydse Suid-Afrikaanse weermag nie oordryf is nie. Dit is logies dat ’n outeur met integriteit ernstig  opgeneem wil word.
 
Graag haal ek sekere uittreksels aan wat lig werp op die denke en geesteslewe van jong rekrute:
 
 "Gerrie is the leader of the group that has been calling us names, and now they start discussing the degrees of sin. Johan ... says that sleeping with a black is tantamount to bestiality because blacks are not human. Gerrie says that, according to his dominee, homosexuality is the worst of all sins, much worse even than murder. Nowhere in the Bible did God ever punish as harshly as he did the cities of Sodom and Gomorrah, and that was because of their homosexuality."
 
"What are we learning to do? Spending a year to kill. My R1 rifle is designed for the whole purpose of destroying other humans. Our chaplain - the Dutch Reformed dominee - reminds us during church parades that we are fighting in the name of Christ. Not a gentle Christ, not a Christ of forgiveness, but a Christ of the assault rifle, a Christ of killing."
 
Nou ja liewe lesers, nou wonder ek regtig of dit nie liewer beter sou gewees het destyds om al die kweekskole in Suid-Afrika permament te sluit nie – en ook sommige kerke – as dit dan die Christelike boodskap was wat vir jong mense verkondig is. Maar dit was 1980 en ek wonder hoe die situasie sedertdien verbeter het.
 
Beste groete, Pieter Redelinghuys
  • 4

Kommentaar

  • En dis nou op grond van 'n roman, 'n fantasie in die kop van die skrywer wat jy dit kwytraak. Mens kan seker die ondergrondse onetiese en sosiaal-onaanvaarbare leefwyses van diesulkes waarmee die boek simpatiseer, ophaal as die rede dat die kerk sterk konserwatief oorgekom het.

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Lees gerus op oor die NG Kerk se "reis met homoseksualiteit". Nee Frikkie, daai boekie moet nog geskrywe word. Maar daar is baie ou koerante op die internet wat die stories vertel. Van die jarelange studies van gemaak word van gays. Die kommissies. Die sinodes en spesiale sinodes. In die proses is daar ook nuwe woordeskat ontwikkel. Mens dink byvoorbeeld aan 'n woord soos "kernhomo's", wat in kerkgeledere aangewend word. Daar bestaan egter baie diep verdelings binne die kerk oor homoseksualiteit al probeer baie dit ontken. Klomp gemeentes 'doleer' weens die kerk se erkenning van gay verbintenisse. Ander wil afstig. Same old same old.

  • Avatar
    Pieter Redelinghuys

    Volgens Wikipedia oor "Moffie" : The film is based on the autobiographical novel by André Carl van der Merwe", en kan dus nie 'n fantasie in die kop van die skrywer" wees nie. Verder, om te praat van "die ondergrondse onetiese en sosiaal-onaanvaarbare leefwyses van diesulks waarmee die boek simpatiseer", klink in 2020 uiters belaglik. Laastens, konserwatisme in die kerk is een saak, die morele gelykstelling van homoseksualiteit met moord, 'n ander.

    Groete.

  • Avatar
    Pieter Redelinghuys

    Barend van der Merwe: Dankie vir jou kommentaar. Die here van die Kerk in die jaar 2020 staan opgeskeep met n dilemma, n "catch - 22" situasie. Hulle kan maar gerus debatteer totdat die hane kraai, en nog meer kommissies aanstel om die saak te ondersoek, maar nooit sal hulle verby die ou testamentiese tekste rondom die mite van Sodom en Gamorrah nie kan beweeg nie.
    Hulle kan egter begin besef en erken dat die Ou Testament nie deur God persoonlik geskryf is nie maar deur daardie tyd se Joodse wetgewers, twee en half duisend jaar gelede, en moderne navorsing op die gebied van hierdie tekste toon dat Sodom en Gomorrah niks te doen het met homosexualiteit nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top