"Anderkant die maan" deur Nico Burger

  • 0

Anderkant die maan

Sou ek in styl by die hiernamaals arriveer
of staan ? mens tou by die ewigheid se deur?
Roep hul jou naam in ? taal wat jy verstaan?
Daar waar my siel heen gaan
Anderkant die maan

En sê my, skyn die son, sal ek voel as dit reën?
Ken ek die mense, of slaap ek alleen?

REFREIN:
Anderkant die maan, doer daar
Anderkant die maan, mmm mmm
Anderkant die maan, doer daar
Miskien is alles waar, miskien is alles daar
Anderkant die maan

Sou ek iets hoor, of is die groot gedagte stil?
Kry mens ? license om te vlieg waar jy wil?
Sou ek moes werk waar ek somme moet verstaan?
Daar waar my siel heen gaan
Anderkant die maan

En sê my, skyn die son, sal ek voel as dit reën?
Ken ek die mense, of slaap ek alleen?

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top