Anderkant die Dam
Met visstok en aas het ek geloop na my dam.
Ek dink weer terug aan my eerste lieflam
Somervakansie was meer as net vakansie.
Dit was toe dat ek my Hester ontmoet
Elke dag het ek gaan visvang, maar min wetend was Pa
Nog ? somervakansie, ek hoop ek kan my gedra
As die son sy kop uitsteek oor die dam se wal
word my vakansie verleng, want sy was daar
KOOR:
Anderkant die dam maak sy my knieë lam
Visstok en aas eindig op in die dam
Anderkant die dam is waar my vakansie begin
Ons 3 weke saam is veels te min
Gelag en ? piksoentjie in die begin
Elf maande is lank, ek verlang na my dam
Die dam waar my Hester haar somers bevind
Dis weer Desember, ek spring uit die kar
Visstok en aas, terug by die dam
Haar groen oë en wit rokkie blok die son van my oë
Ek laat val my visstok en aas, my knieë raak lam
Elke jaar se Desember het ons mekaar beter leer ken
Ons ouers raak oud en hul geld raak ook min
Hulle dink aan hul oudag, ons lewe gaan nou eers begin
KOOR
Desember vakansies raak min en 11 maand se wag voel soos ? eeu,
? Laaste vakansie by die dam, ek’s blind van verlange
Visstok en aas is ek terug by die dam
? Uur en of agt gaan stadig verby
maar geen Hester wag daar vir my.
Met trane in my oë, visstok en aas, draai ek om terug tent toe
maar soos die son sak en die aand opkom en die dam in die verte
Verskyn sy in die skemer, ek hardloop na haar toe
Ons behoort by mekaar, ons besit mekaar se harte
KOOR
Min wetend was Pa en min wetend was Ma oor my Hester
want op die beste dag van my vakansie het ek haar gevra
Ja, was haar antwoord, sy gaan haar lewe met my deel
Ons wag tot ons ouer is, dit was die reël
KOOR


