Amper waardige wesens

  • 4
In navolging van die primitiewe insigte van voorvaders en voormoeders, glo die meeste mense steeds dat hul eerste voorsate misbaksels en fabrieksfoute was wat versuip moes word. Dit word nog nie algemeen aanvaar dat daar 'n verstandiger verklaring vir hul ontstaan is nie. Dit lyk darem of mensbreine nog aan die ontwikkel is.
 
CM
  • 4

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Weens die HERE Jesus Christus se verlossingswerk - waarvan jy klaarblyklik niks begryp nie - is daar vir eeue al en steeds vandag toenemend massas mense wie in God glo (hoewel nie almal op dieselfde manier nie) en is ongelowiges soos ateïste, ens vandag in die minuskule minderheid.
    Nie so in die dae van Noag nie. Die gelowiges was in die kritieke minderheid. As Goddelose mense was hulle doelbewus en uittartend Goddeloos en verwaand en het God besluit om SY oordeel oor hulle te vel. So 'n oordeel, vir diegene wat vandag nog steeds so wil leef ten spyte van massas vermanings en waarskuwings om hulself tot God reg te ruk (Mattheus 10:28; Lukas 12:5), is ook met die Oordeelsdag op hande.
    Mense kies mos nes tevore, so ook vandag en sal die gevolge van die keuse ook hul s'n wees om mee te deel ... Niemand van hulle sal kan sê hy/sy het nie geweet of besef nie ... jy ook nie.

  • Kobus de Klerk

    Jy praat van 'n verstandiger verklaring vir mense se ontstaan? Verwysende natuurlik na jou eie geloof in die agnostiese religie se leerstuk, of in die darwinistiese tipe evolusieteorie ...

    Indien dit wel is waarna jy verwys, kan mens kwalik meer onverstandig wees as om die Skepper van alle lewe - God die Skepper - te wil ignoreer, soos jy. Jy verkondig dus dan die uitermate en onverskillige onverstandige asof dit die verstandige is ...

  • Kobus dink hy leef in 'n wêreld waar slange, bome en esels kan praat, waar mense opgetower word uit grond en ribbebene, waar wilde diere ewe hondmak, twee-twee 'n ark binnestap, waar 'n ongehoorsame vrou in 'n soutpilaar verander en 'n man sommer 'n hele stuk see met sy kierie kan oopkloof. In werklikheid droom hy maar. As hy daar wakker skrik, sal die skok vir hom te veel wees.

    • Kobus de Klerk

      Angus, jy verstaan en ken werklik nie krag van God nie - vir jou is alles menslik-doenbaar of niks. As jy na die skepping kyk, behoort jy mos te weet God se vermoëns is totaal en al bo jou vuurmaakplek. Maar as ateïs is jy so onontvanklik vir God en SY werke dat jy eerder teorieë aanhang wat alles probeer verklaar sonder enige betrokkenheid van God.
      Dit is dus op jou wat daar 'n ingrypende ontnugtering wag wanneer jy nie anders sal kan, as om te besef jy was kortsigtig, oningelig en doelbewus verkeerd omtrent God en SY Werke en kragte nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top