ALV-kongres 2020: Tweede oproep vir referaatvoorstelle

  • 0

In 2020 word die ALV-kongres van 21 tot 23 September by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth aangebied.

Referaatvoorstelle van ongeveer 300 woorde (met vermelding van die referaattitel, die naam en e-posadres van die persoon wat die referaat sal aanbied, asook die betrokke affiliasie) word ingewag tot en met 16 Mei 2020. Stuur referaatvoorstelle voortaan aan ALV@mandela.ac.za.

Vanjaar is die kongrestema Affekte, emosies, begeertes en/in die Afrikaanse letterkunde:

  • Affekteorie (Masumi, Spinoza, Bergson, Deleuze en Guattari)
  • Eve Sedgwick: tasbaarheid (“tactility”), tekstuur (teksstuur)
  • Skande, skaamte, beskaam, vernedering
  • Sintuiglike belewing (sien, hoor, proe, voel, ruik)
  • Begeerte, behoefte, jouissance
  • Performatiwiteit
  • Dierlik, verdierliking
  • Blik (“gaze” en “gayze”)
  • Sensualiteit
  • Optimisme, pessimisme
  • Woede, geweld, mag
  • Pyn, pyniging, pynlik
  • Verlies, aflegging, losmaak
  • Affekte en die posthumanisme

Die kongres word op die hoofkampus in Somerstrand gehou en daar is heelwat gastehuise in die omgewing. Die kongres val saam met ’n jaarlikse saamtrek vir skoolhoofde in die stad, so bespreek jou akkommodasie vroegtydig.

Klik hier vir die registrasievorm in PDF-formaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top