ALV-kongres 2018: program

  • 0

Foto van Antjie Krog: Naomi Bruwer

Vanjaar se Afrikaanse Letterkunde Vereniging-kongres vind plaas vanaf Woensdag 12 September tot Vrydag 14 September. Kom loer gerus volgende week in by die ALV-kongres wat die Departement Afrikaans en Nederlands by US reël.  Die onderwerp is "Antjie Krog en die vele raamwerke van die Afrikaanse literatuurwetenskap". Vir diegene wat wil deelneem aan die etes en die kongresmateriaal is die koste R500 per dag of jy kan natuurlik die volledige registrasiefooi betaal.  As jy egter net wil inloer vir 'n enkele sessie of wat kan jy dit gratis doen.  Raadpleeg die volgende webtuiste vir volle besonderhede: https://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/arts/afrikaans-dutch/alv-conference.

Die geleentheid vind plaas in die Wallenberg-Navorsingsentrum in STIAS.  Die adres wat mense kan gebruik vir meer inligting is: alv2018@sun.ac.za.

Die lesing deur Antjie Krog Woensdag om vyfuur beloof om 'n hoogtepunt te wees.

Hier is die volledige program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top