"Als wat ek wil doen" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Als wat ek wil doen

Die verkeer raas in Pretoria
Ek het nou net daai mooi girl by die Wimpy uitgevra
Ag toe, kom saam, ons gaan die dorp rooi verf
En ons gaan kuier tot die aandlig sterf
Ons kuier in Pretoria, dis ? lekker plek
en ons geniet onsself al lyk ons gek
Ag toe, sê ja, sal jy saamgaan vanaand?
Dan sit ons op solank die kerslig brand

BRUG:
Ek hoor musiek wat roep
en dis net wat ek soek
Draai die volume op
ek verloor my kop

REFREIN:
Al wat ek wil doen is die dak lig
Al wat ek wil doen is geraas maak
Al wat ek wil doen is die dak lig
Dalk ? bietjie kop uithaak

Hey oom, wat maak jy met my ma?
Ons sit hier op Loftus en jy kan jou nie gedra
Ons almal kuier lekker sonder ? saak
maar jy hou nou aan om skandes te maak
Die ou oom kla oor die musiek wat raas
maar op Saterdag is geraas die baas
Kom kêrels, laat ons liewer gaan
dan sit ons ons favourite liedjie aan

BRUG

REFREIN

BRUG (x4):
Al wat ek wil doen
Al wat ek wil doen
Al wat ek wil doen
Is die dak lig

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top