"Allitereer Jou Seer" deur De Klerk Oelofse

  • 0

Allitereer Jou Seer

Die laaste droë, dooie nedersetting
Swak skakel in jou lewensketting
Jy die drup wat liefde weeg
Sy die are wat jou stadig leeg-teug
Steeds die geteem van jou treur-serenade
Oneindige gesmeek om haar genade

REFREIN:
'n Rukwind deur jou huis van vreugde
Nog pyn vul jou leegte
Tog soek jy meer, nog weer
Soek jy weer nog meer seer

Ideale, laaste, lewensmaat
Net een vir 'n lewe van formaat
Maar jy's moeg gehoor, vaak geluister
Haar afkeur jou trekpleister
Omskryf jouself om seerkry te vermy
Tog vat jy al die seer wat jy kan kry

REFREIN

Nog weer verlief, verloof, verlore
'n Oasis ver en onbeskore
Onwerklik, maar laat jou kruip
Jy swig maar bly steeds onverryk
Jou onbeheersde liefdes-suigpoel
Het jou meegesleur met geen gevoel

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top