Alles was beter saam met jou
Dae het soos sekondes gevoel
Ek soek ? bietjie van jou in almal rondom my
Alles was so perfek
My en jou droom was enige een se droom
REFREIN:
Hoe kon alles so maklik breek
waar alles perfek was?
Ek tel weer die stukke op
Na ? paar tree verloor ek myself
en vind my weer by jou
Ek wou weet hoe jy voel
Jy het alles vir my gegee
Jy het altyd gesê jy sal my nooit laat gaan nie
Vandag wonder ek waar is jy
BRUG:
Ek sal jou altyd mis
Ek sal jou nooit vergeet nie
Nooit ophou lief wees vir jou
REFREIN
Reg langsaan jou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


