Alles en niks op dieselfde tyd
"KFC gee my hoendervleis"
Ek weet nie wat pla nie
en dít pla my nog meer
Want tyd vat ons drome weg
Dis tyd wat ons beheer
Wat anders wil ons hê?
Die gras is groener aan die ander kant
want dit word meer natgelê
REFREIN:
Musiek kan alles en niks
op dieselfde tyd wees
Alles en niks
Op dieselfde tyd
Op dieselfde tyd
Daar is altyd 'n dors vir iets meer
wat ek nooit gaan kan les nie
Altyd iets nuuts om te leer
'n Honger wat ek nooit sal kan stil nie
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


