"Alleen sonder jou" deur Jeremy Bezuidenhout

  • 0

Alleen sonder jou

Vers

In die donker, waar julle langs mekaar staan
Onder ’n sekelmaan Vrydagaand
En ek kyk vir jou, skelm kyk jy terug na my

Vir ’n oomblik waar ons vir mekaar staar
Het ek jou ysblou oë gewaar
En ek kyk tot diep binne-in jou siel en ek weet

Jy is die girl vir my
Ek soek jou langs my sy
Wil jou vir ewig kan vashou
Jy is die heel mooiste vrou

Maar nou waar ek alleen lê sonder jou
Is daar iets wat my hart vir my sê
En dit is Baby ek wil jou hê

Koor

Alleen sonder jou lê ek hier en droom
en sien weer jou gesig en daai ysblou oë
Die sekelmaan skyn helder, op die mooiste vrou
Tot ek wakker skrik en besef ek is
Alleen sonder jou

Vers

Ek sit nou maar en griffel met pen op papier
Probeer selfs jou gesig skets en wens jy was hier
Jy het my hart ’n beat laat skip, selfs vinniger laat klop
Wonder of jy al moeg is soos jy rondhol in my kop

Soos ek hier sit en dagdroom en wonder wat jy doen
Dink ek aan jou lippe en hoe ek jou wil soen
Dit onderbreek my dagdroom en ek wil my arms om jou vou
Dis toe dat ek weer besef ek is alleen,
Alleen sonder jou.

Herhaal Koor 2x

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top