
Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, nooi alle skoolkore om deel te word van hierdie prestige koorkompetisie.
Laer- en Hoërskoolkore kan inskryf vir dié skoolkoorkompetisie wat vanjaar vir die 36ste keer aangebied word.
Laerskole kan inskryf in die volgende kategorieë:
- Meer- en Minder Ervare senior kore, asook Junior kore.
- Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir Senior- en of Juniorkore
Die Hoërskole-afdeling bestaan uit:
- Meer- en Minder Ervare kore wat insluit seuns, dogters en gemengde kore.
- Die afdeling vir Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole bestaan nou ook uit ’n Meer- en Minder Ervare-afdeling wat insluit, seuns, dogters en gemengde kore.
Skole en koorleiers het tot 15 Maart 2013 om hul skoolkore in te skryf vir ATKV-Applous.
Vir meer inligting besoek www.atkvprojekte.co.za of kontak Bessie Keun by 082 454 6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

