Die Dolf de Klerks (of is dit nou Kobus van Loggerenbergs??) verkondig elke dag kreasionistiese dogma hier op die Sê. Wat van nog ’n alternatief tot menslike geboorte?
Groetnis
Thomas
6Die Dolf de Klerks (of is dit nou Kobus van Loggerenbergs??) verkondig elke dag kreasionistiese dogma hier op die Sê. Wat van nog ’n alternatief tot menslike geboorte?
Groetnis
Thomas
6
Kommentaar
Ek stem nie saam nie, almal mag hul opinies basuin, maar daar is niks op aarde wat sal maak dat ek alles moet aanhoor nie.
Dankie Thomas. Dis menslik om te dwaal. Ek dink egter die sieldodende fout wat fundamentaliste in hul oorlog teen logika maak, is om ons hart as blote buitelyn te verklein. Ons hart is die enigste kleur in ons bestaan. En dis presies wat die les hierbo so bekkig maak; die lering naamlik dat die paraboliese en poësie in ons bestaan bo-oor die grense van die wetenskap op die regte tyd en plek gelief moet word. Namaste! Cornelius
En o ja Thomas; as jy alles mooi en netjies palpeer dan sal jy self sien en voel hoe swanger die werklikheid aan verwagting raak ...
Dit is ook maar weer die ou geval van agnostiese onbenullighede wat nulle vermaak. Selfs Duitswester willie hoorrie, maar kannie-anners-asomtehoorrie.
Thomas, ek weet darem nie of dit waar kan wees nie. Waar sal die voël byvoorbeeld die kombers kry, en wie knoop vir hom die baba in die kombers toe?
Ou Kobus willie-siennie, willie hoorie, maar kannie-anners-asomtepratie.