Geskryf vir: Straatligkinders
Ek hou aan loop
Maar ek loop net in donkerte
Dis defnitief die hartseerste
Tyd, wat ek my siel verkoop
Aan dinge wat eendag nie gaan saak maak
Van mense wat my lief het
Tot mense wat my haat
My woorde oor emosies wat ek praat
Is iemand se vermaak
Ek het seer
Meneer
My hart is geskeer
Is dit moontlik vir alles om te gebeur
Terwyl ek nog leer
Hoe om my hartseer toe te smeer
Ons almal vat kanse
Maar vergeet van balans
Ons almal wil net liefde he
Maar vergeet hoe om te sê
Ek wil jou hart in myne lê
Ek wil jou net vas hou
Sonder enige berou
En die waarheid vir jou fluister
Jou na my hart laat luister
Al wat ek nodig het is iemand wat kan sê
Ek wil jou as net myne hê

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

