Al wat ek nou oor het
Ongelukkig is my hart in die Noorde
En my verdwaalde siel nog in die Suide gerus
Êrens is ek vasgevang tussen vals
harmonieë en melodiese koorde
Jou bruin hoed en jas lê nog in my kas en ek
Verlang na jou elke keer as ek dit sien
KOOR:
’n Aand saam met jou was genoeg om my lewe om te keer
Om my toekomsplanne te verander
En my reëlings uit mekaar te skeur
Om jou in die storie in te skryf
Sonder om jou rol te verdeel
Jou blou oë was net vir my so mooi
Niemand anders kan jou karakter speel
Al wat ek nou oor het van jou
is die Suiderkruis en ’n paar sterre
Onseker hoekom is dit juis jy?
My hart het saam met jou weggeraak tussen al die duale
Die idée dat jy my hart kan breek, sal altyd in my gedagtes bly
En ek dwaal nog by die dag wat ek jou ontmoet het
Toe jy die sprankel in my oë terug gesit het
En die rede was vir my glimlag
Partykeer as ek myself weer kry, droom ek oor daardie dag
Vir jou sal ek hardkoppigheid uit die weg ruim
En al maak dit seer, ontslaan ek my hart se wag
KOOR:
’n Aand saam met jou was genoeg om my lewe om te keer
Om my toekomsplanne te verander
En my reëlings uit mekaar te skeur
Om jou in die storie in te skryf
Sonder om jou rol te verdeel
Jou blou oë was net vir my so mooi
Niemand anders kan jou karakter speel
Al wat ek nou oor het van jou
is die Suiderkruis en ’n paar sterre
BRUG:
Die hemelruim is weer helder vanaand
En jou plekkie langs my is onvervuld
Ek mis die gevoel van jou hand wat oor myne vee
En jou diep kyke tot in my siel
KOOR:
’n Aand saam met jou was genoeg om my lewe om te keer
Om my toekomsplanne te verander
En my reëlings uit mekaar te skeur
Om jou in die storie in te skryf
Sonder om jou rol te verdeel
Jou blou oë was net vir my so mooi
Niemand anders kan jou karakter speel
Al wat ek nou oor het van jou
is die Suiderkruis en ’n paar sterre
Maar al wat ek nou oor het van jou
is die Suiderkruis en ’n paar sterre


