In 'n versoek aan Kobus de Klerk om vir my slegs een universiteit te noem waar kreasionisme in plaas van die evolusieleer as basis vir die aanbied van biologiese wetenskappe gebruik word, het ek hierdie juweel van 'n antwoord van die über-kluitjiebakker ontvang:
Jou vraag is al lankal beantwoord, Thomas - in detail. Ek het so om en by Maart 2012 in 'n artikel baie inligting weergee van wetenskaplikes wat getuig dat hulle uit poste by universiteite geboender word deur die darwin-mafia. Dit sluit ook in die feit dat hulle artikels geboikot word en dat hulle uit poste geboikot word. Daar is slegs maar 'n paar uitsonderings wat nie so oorkom nie - soos bv prof Sanford.
Smaak my jy sukkel met 'n kort geheue, boonop.
Maar dit is waarskynlik nodig om weer die publiek te herinner aan daardie boelie taktiek van die darwinistiese akademici sodat die mensdom kan sien dat hulle vakkie op universiteit nie floreer op meriete nie, maar op boelie-agtige mafia taktiek. Ander word eenvoudig weggeboender. Die beste sal wees om te sien hoe julle daarop reageer en probeer wegpraat...
Magtig, sedert Hitler was daar nog nie so 'n gelyke van Hitler se Gestapo, as juis die darwin-mafia nie.
Ek skuur die afgelope aantal jare met die akademici by 'n paar universiteite skouer en ek is eerder bereid om te glo dat donkies en slange kan praat, gode kan maagde bevrug en dooies kan lewendig word, voordat ek sal glo dat die hele wêreld se akademici hulle sal laat voorskryf deur iemand sonder dat hulle hom verkeerd sal wil probeer bewys. Die persoon wat die evolusieleer verkeerd kan bewys en vervang met 'n beter verklaring vir die verskeidenheid van lewe op aarde, sal in die geskiedenis bekend staan as die grootste wetenskaplike van die 21e eeu - 'n eer wat elke wetenskaplike graag sou wou opeis.
Groete daar in Kammaland ou Kosie!
Thomas


Kommentaar
Thomas, glo De Klerk homself rêrig? Is hy nie dalk in 'n diepe slaap nie? Droom hy van die maan wat van kaas gemaak is? Wag hy nog op die tandemuis? Of dalk wag hy vir Kersvader. Ongelooflik hoe 'n mens jouself kan verkneg aan 'n dogma wat wat besig is om soos water in los sand weg te syfer. Sela
Beste Thomas,
Nou is ek regtig skaam om te erken dat ek vreeslik gethrilled is om te hoor dat daar sg. "wetenskaplikes" uit poste by universiteite uitgeboender word, en dat hulle artikels geboikot word deur die Darwin-mafia, hoewel ek normaalweg 'n persoon van versoening en vergifnis is, maar hierdie stukkie nuus het my ongelukkig van onkant getref: Sien, tans lees ek 'n boek oor hoe die Inkwisisie van die Kerk destyds wetenskaplikes gemartel en vermoor het omdat hulle wetenskaplike bevindings nie ooreengestem het met die feëverhale van die Bybel nie. En soos jy behoort te weet, in Feëtjieland is die "Woord" klaas.
What comes around, goes around. Payback time?
Gelukkig is die Inkwisiese afgeskaf - een van die groot sukses stories van die sekulêre wêreld.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Daar is sowat 445 000 wetenskaplike artikels in die planeet se voorste wetenkapjoernale wat die evolusieleer bewys en bevestig - kumulatief en konsekwent - en dit strek oor sowat 150 jaar. Nou dit: tot op datum is daar nie een artikel of greintjie bewyse wat die evolusieleer verkeed bewys nie. Die eerste ou wat dit regkry is 'n kits Nobel-wenner.
Beste Thomas,
Koos de Roos skrywe: "If you bring a proper scientific hypothesis with verifiable evidence that is independently reproducible, it will be considered, analysed and decided if it has valid merit, and it will be used to re-evaluate the decades of accumulated results that makes up the theory of evolution."
Wys my één evolusionis wat dit gedoen het, Koos!