my broer
ja my tweelingbroer
het my eendag kort na ’n massering
geë-pos
die chinese jongvrou wat al die pad van beijing
gekom het om haar vingers hier
om die boereskag te vou en te skud
so klein is haar hand dat daar ’n gaping
tussen die punte van haar duim en middelvinger gelaat is
en hy was eintlik bly dat haar engels so onvoldoende is
hy hou nie van ’n koeitjies-en-kalfies-geselsery
tydens ’n massering nie nee
stilte is beter en slegs sy gekreun
maar hy het ’n taalfout begaan
hy het geskryf van ’n spetterende slang
ek het spetterend in die woordeboek opgesoek
kort na die e-pos hier geland het
ek dink hy moes eerder spoegend of skietend
gebruik het
spetterend beteken druppend
maar ek weet wat hy bedoel wat hy probeer tuisbring
ons was nie verniet nege maande lank
saam in ’n baarmoeder nie
goeie begrip het slegs ’n halwe woord
of selfs ’n verkeerde woord nodig
peking was toe al die tyd beijing
en die geplukte hoender ’n eend

