Akkerdoppie
Ek sien jou met die rooi Tassenberg-sambreel
‘n Geskenk wat ek met jou wou deel
Jy het dit saam met my hart gekry
Meisiekind, ek wou by jou bly
Ek het vir jou gewag in die Laan
Met ‘n akker bo my kop gestaan
Al wat ek kort is die soen
want die vak sleep het ek reeds gedoen
Daar is woorde wat vassteek in my kop
Ek kan nie sing nie, so
Ek fluit vir jou ? deuntjie met die akkerdop
Vandag klink dit bietjie vals want ...
REFREIN:
My doppie is nog nat en groen
Ek is in ’n droë seisoen
Grys massas gemoedere hang
Druppels reën vul my trane aan
Dis winter in Stellenbosch
Maar soos die somer wat weer sal kom
so is hoop nóú, liefde in die toekoms
Mettertyd word dit een
SMS is soos eenrigtingverkeer
Dis asof ek nooit sal leer
Ek stuur gereeld my groete aan jou
Te vergeefs
Ek sukkel om van jou te vergeet
En ek wil hê jy moet dit weet
Jy is my hart se punt
Jy was my vrede, kind
Daar is ? liedjie wat ek vir jou wil sing
Van liefde oneindiglik groot
Maar ek werk nog aan die akkoorde
Vandag klink dit bietjie vals want. ..
REFREIN
Elke keer as ek jou sien
wens ek die tyd wil stil staan
vir daai oomblik wat jy in my gedagtes dans
REFREIN


