Die sot en die wyse man
Gilgamesh die ateïs skrywe ewe windmakerig aan Cornelius dat hy wat Gilgamesh is, sy Nuwe Vertaling Bybel jare gelede verkwansel het vir drinkgeld.
Wys jou net – ’n transaksie tussen ’n wyse man en ’n sot – só onderskeibaar.
In stede van om die geld wat hy het, vir drank te gebruik, het die wyse man vir hom ’n Bybel aangeskaf vanaf die sot, omdat dit sot eerder wou suip as om die Bybel te lees.
Ai, die mensdom, darem.
Psalm 53:2 (NAV)
”2 Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is ’n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie.”
Spesiaal vir Gilgamesh aangehaal uit die Bybel wat hy vir suipgeld verkwansel het – en só het een van die waardevolste lesse vir die dwaas in ’n alkohol walm heengegaan...
Groete,
Kobus de Klerk

