Agnostiese taktiek

  • 0

Gilgamesh skrywe aan Wouter ’n brief vol bittergal en maak die stelling dat “almal” weet dat ek lieg oor die dinge wat ek hier op hierdie forum skrywe. Hy sê ook dat ek kwansuis gereeld in ’n hoek gedryf is ... deur wie, wonder mens nogal? Want natuurlik is nie een van die twee beweringe korrek nie.

Die “almal” weet eerder dat geeneen van hulle, of kombinasie van hulle, my in ’n hoek kon dryf nie – vir die eenvoudige rede dat dít wat ek skryf, nie my eie versinsels is nie, maar universele waarhede. Vir elke skans wat hulle probeer bou, met hulle ongegronde aantygings, het ek deur die Genade elke keer ’n verklaring en perspektief. Hoe anders, die goed wat hulle kwytraak, is só ooglopend kansvattery. Gilgamesh weet dit natuurlik ook. Hy probeer hulle stilte misbruik as sogenaamde aanduiding dat hulle nie soos ek wil wees nie, maar die ooglopende waarheid is dat hulle géén houdbare antwoord het vir dít wat ek skrywe nie en as hulle nog sou probeer, dan word hulle uitgewys en laat ek hulle nie daarmee wegkom nie – vir hulself is die ervaring dáárvan natuurlik ’n ontnugtering, want die wankelrige pilare van spaghetti waarop hulle hul agnostiese vesting gebou het, laat die perspektiewe en verklarings wat ek bied (deur die Genade), daardie spaghetti-pilaartjies ineen tuimel. Maar moenie dink dat enigeen van hulle dít hier sal erken nie – tóg is dit daar vir algar om te sien.

En dan knoei Gilgamesh nog boonop en beweer dat my skrywes vir hulle ’n "klankbord" is – en hul dawerende stilte? Klank? Al klank wat soms uitkom (Wouter uitgesonder), is die basislose gekibbel soos die nuutste van Gilgamesh.

Dan wonder mens, as waarom beweer hulle dan dat ek lieg? Dit is eintlik baie eenvoudig. As hulle sou moes erken dat ek reg is (wat die billike en regverdige ding sou wees om te doen), dan sou hulle terselfdertyd daarmee erken dat hulle die pot geheel en al missit en in die gevolge onwelriekende gemors ploeter. Nou ja, dit vat ’n man op ’n perd om dít te erken… en hulle kan nie eens die spreekwoordelike donkie ry nie. Hulle is gewoon nog nie gereed daarvoor nie.

’n Ander interessante ontwikkeling, is dat Gilgamesh vir Cornelius aansien as een wat fluks vorder op die pad na agnostisisme. Hy praat van bagasie wat Cornelius saamdra, maar ek sien dit eerder as ’n verbete gespartel deur Cornelius om tóg maar nie geheel en al sy spiritualiteit te verloor nie, al is dit dan nou met mites en fabels en sommer algemene snert.

Nou ja, as daar één ding is wat ’n Godloënaar wél kan uitken, is dit ’n ander Godloënaar.

Dit gun ek Cornelius egter nie. Elke gelowige behoort te bid dat dié mens, hóé beleer (dié woord verwys nie na geleerdheid nie, Cornelius …) hy nou ook al is, nie verlore sal gaan nie, maar gered, verlos, sal word.

Só ontluik die dinge maar …

Groete,
Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top