Agnostiese aanslae I

  • 1

Die enigste wapen wat agnostici het en wat hulle gebruik, is om die integriteit van die Bybel, die opgetekende Woord van God, striemend aan te val.

Ons sien dit oral waar hulle aktief is – hier op die forum, op die webwerwe wat deur ateïste soos George Claassen van Stellenbosch bedrywe word (en was) en elders op die internet, waar dié klompie hulself poog te laat geld – die wapen? Sonder uitsondering striemende aanvalle op die geskrewe Woord.

Daar is egter hoegenaamd niks nuuts aan dié tegniek nie. Hierdie tegniek word al  eeue lank ingespan. In die dae van hulle ikoon, Charles Darwin, was daar al georganiseerde en uiters antagonistiese groeperinge wat saamgespan het om die geskrewe Woord te diskrediteer. Maar net soos met hulle religie, wat Darwin vir hulle gevestig het (Darwinistiese evolusieleer-ateïsme is die jongste religie), het daar eenvoudig geen dinamika plaasgevind nie, is daar geen groei in die tema ten aansien van hulle verbete aanslag teen die geskrewe Woord nie.

En selfs die destydse Huxley ateïste is voorafgegaan deur individue wat naarstig gepoog het om dieselfde resultaat te bereik – só kan ons dit terugtrek tot teen die tyd to die Woord vir die eerste keer op skrif gestel en versprei is.

Ten spyte van dié eeue oue verbete aanslae, onverpoosd, vlaag op vlaag, ten spyte van gekombineerde grootskaalse vervolging van Christene deur die eeue tot in die ou USSR en die ander Asiese lande vandag, gepaardgaande met ’n streng, goed geadministreerde verbod op die geskrewe Woord in enige formaat en vervolging van dié wie dit sou waag te besit, kon geeneen van hulle, gesamentlik of as individue, ten spyte van álles wat hulle probeer het, regkry wat almal van hulle al oor die eeue heen probeer het nie – om die geskrewe Woord te diskrediteer óf om die Christelike Godsdiens te diskrediteer, nie.

Maar hoekom slaag hulle nie?

Omdat hulle onder fundamentele miskonsepsies gebuk gaan. Hulle meen, eerstens, as hulle die boek, die Bybelboek, diskrediteer (en in hulle verbete pogings daartoe hardloop hulle vir eeue al jakkalsdraaie wat jou sal verstom), dan sal die Christelike Godsdiens ook verdwyn. Dan, tweedens, besef hulle nie dat die Godsdiens nie Skrif gedrewe is nie, maar Gees gedrewe.- die Almagtige Gees van God in Sy Woord.

Om met die Geestelike kern van die Godsdiens te deel, moet die agnostici oor Spirituele vermoëns beskik en dié beskik hulle glad nie oor, nie. Hulle het  nie Spirituele aanvoeling nie, hulle het nie Spirituele insig nie en hulle het, helaas, ook natuurlik nie Spirituele Intelligensie nie. Ons sal vir doeleindes van hierdie bespreking, nie op die redes ingaan waarom hulle nie oor die nodige Spiritualiteit beskik nie.

Weens dié gebrek by hulle, staan hulle geheel en al magteloos teen die Hoeksteen, die Dryfveer en Inspirasie van die Godsdiens – Goddelike Spiritualiteit, wat nodig is om met die Krag van die Woord, die Heilige Gees van God, te verbind. Natuurlik, as hulle wél verbintenis kon bewerkstellig met die Heilige Gees van God, sou hulle natuurlik nie agnostici wees, nie!

Ewentwel.

Kom ons kyk hoe benader agnostici dit. Ons ondersoek die benadering van een van die “makste” van hulle.

Diarmaid MacCulloch van Oxford was ’n lid en diaken van die berugte Church of England. Toe hy vanweë sy studies deur dié kerk ’n priesterskap aangebied word, weier hy dit en verlaat die kerk omdat hy ’n praktiserende homoseksuele aktivis is en die kerk se beleid, wat tóé nog ooreenkomstig die beginsels in die Woord geformuleer was met betrekking tot mense wat in geestelike ampte van die Christelike kerk aangestel mag word (Romeine 18-32 g.m. 1 Timoteus 3:1-16), hom nie aangestaan het nie, vanweë sy homoseksuele aktivisme. Let op wat hy sê “ … If people have faith, then they want to say that this is a pattern decided by God. I respect that point of view, but that is not how I see it. The message for me is diversity and the unexpected. Perhaps that hasn’t been pushed in previous attempts to describe Christianity on a large scale”.

Vervolg -
Kobus de Klerk

  • 1

Kommentaar

  • Ag, nee, wat, Kobus. Julle hoef nie bang te wees vir agnostici nie, hulle is tandeloos. Dis die wetenskaplikes wat julle moet vrees, want hulle ondersoek, toets , meet en weeg alles. Teenoor alles staan hulle skepties, selfs  en veral hulle eie werk. Ongelukkig vir julle, het julle Christene die Bybel weerloos gelaat deur te sweer dat alles daarin die waarheid is. Dan wil die wetenskap dinge ondersoek soos 'n vrou wat van 'n ribbebeen gemaak is, of in 'n soutpilaar verander het, of die logistiek verbonde aan Noag se ark, of hoe water in wyn kan verander, of 'n mens op water kan loop. Geneeskundiges stel veral belang in hoe 'n maagd geboorte kan skenk. 

     
    Die Bybel is egter nie die middelpunt van die heelal nie, en baie wetenskaplikes is nie eers bewus van hierdie struweling nie. Die meeste het nie tyd om hulle te bemoei met sulke kinderverhaaltjies nie. Wetenskaplikes het belangriker dinge om te doen. Kennis het al so verbreed dat daar al anders na gekyk word na die neo-Darwinistiese teorie en natuurlike seleksie. Die wetenskap gaan vooruit; ons kan ons nie besighou met tweeduisend jaar gelede se woestynteoriee nie. 
     
    Dit is die kreasionistiese pseudowetenskaplikes wat hulle voltyds besig hou met die afkraak van die evolusieteorie en dan om tog te kan bewys dat die Bybel wetenskaplik waar is. Om hulle argumente te kan staaf, moet hulle die wetenskap verdraai en lieg en bedrieg.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top