Ag Yolanda
Kom ons stop die tyd
Dalk bly ons jonk vir ewig
En bloeisels verwelk nie
Want die dae bly vrygewig
Kom ons steel ’n vuurpyl
En vlieg na die maan
En kyk hoe lyk die wêreld
Daarvandaan
Koor:
Ag Yolanda
Hou vas aan jou drome
Want feëtjies het vlerke
En hul vlieg weg oor die bome
Hul vlieg weg oor die bome
Kom ons jaag die wind
In ’n topless BMW
Langs Chapman’s Peak se dun lint
Tussen land en see
Kom ons soek die reënboog
In hierdie grys winterwaas
Dalk vind ons ’n pot vol goud
In ons eie agterplaas
Koor
Kom ons pak ’n rugsak
En gaan hike deur die Karoo
Op soek na ware vryheid
Met die sonskyn in ons oë
Kom ons duik in die see
En was ons in ’n brander
En wie weet as ons uitkom
Het dinge dalk verander
Koor
![]() |



