Afrikanerskap bly in ons bloed – Wouter

  • 0

Beste Wouter

Jou brief aan Jan, Ran en myself gerig het betrekking.

Die inhoud van jou brief kom daarop neer dat jy my naam nie eers saam met die ander s’n moes genoem het nie, gesien wat jy beweer gesê is, niks van my afkomstig is nie.

Ek het een sin in jou brief uitgelig, en gesê dit hou nie water in die konteks van die SA-konstitusie nie, wel met die van Namibië wat Engels uitsluitlik als amptelike taal het. Verder het ek ook gesê dat die enigste instansie wat Afrikaans als amptelike taal ongeldig kan maak is die Afrikaner self.

Beide SU en Tuks, se binnegevegte is tussen Afrikaners. Tans neem ek geen standpunt in nie, gesien ek nie al die feite tot my beskikking het nie. Wat ek wel beswaar wil aanteken met die inhoud van daardie enkele sin wat ek uitgelig het, is dat, net soos gedurende die vorige bestel waar die Afrikaner voorskriftelik teenoor ander opgetree het, dat in die huidige bestel daar ook nie aan die Afrikaner voorskriftelik opgetree mag word nie. Sy reg tot eie taal onderrig, hetsy op skool of op universiteit is ’n wetlike en feitlike reg in ons konstitusie bepaal, en ’n wysiging van die konstitusie alleenlik kan die situasie verander, wat op beste, skrander kans het. Verder is dit (eie taal onderrig) ’n luuksheid wat die Afrikaner wel kan bekostig en in terme van die konstitusie het die staat ’n verpligting om dit te fundeer.

My standpunt is dat Kodesa en die Waarheids- en Versoeningskommissie ten doel gehad het om juis die ongeregtighede van die verlede skoon te vee (wipe the slate clean) en van nuuts af te begin om ’n vreedsame demokrasie tot stand te bring wat alle burgers van die staat, ongeag ras, godsdiens, seksuele oriëntasie, ens op gelyke voet te betrek.

Al julle argumente vir en teen, met feite en voorbeelde vanuit die geskiedenis geneem is ’n oefening in nutteloosheid in die lig van wat ek hierbo feitlik gesê het.

Ek persoonlik voel vere wat die Engelse aan die Boere gedoen het en wat die Afrikaner teenoor die ander rasse gedoen het en anders om. Wat verby is, is “finish and klaar forever”. Die gemiddelde mens weet niks van sy voorvaders/moeders verby hulle ouma en oupa, en dit pla hulle nie. Maar oor mense in die geskiedenis wat hulle nie eers ken nie, kan hulle oor berserk raak en dit heel persoonlik opneem met haat en nyd en ander negatiewe emosies wat opwel.

Ag nee wat. Ek leef in die hede, nie die verlede nie. Ek leef in ’n multikulturele staat, en as Afrikaner ’n segment van daardie staat. Ek is lief vir my taal en kultuur, en wil dit graag voortgeset en behoue in die toekoms graag sien, daarom is ek bereid om my energie daarop te bestee en te help om aanslae van buite af te weer. Ek erken dat die Afrikaner nie meer ’n homogene volk (dankie vader daarvoor) is nie. Inteendeel sy verskeidenheid politieke sieninge vandag, vanaf die heel linker tot die heel regter vleuel verryk die Afrikaner, die tesis teenoor die anti-tesis wat uiteindelik tot sintesis tot gevolg in die toekoms het.

Als kulturele Afrikaner, hou ek van wat Solidariteit en AfriForum aggressief buiteparlementêr binne die raamwerk van die wet doen, en waar hulle die konstitusie gebruik om vir die Afrikaner te werk. Ek ondersteun die DA op ’n multikulturele front, bewus daarvan dat hulle funksie nie vir enige uitgesonderde kultuur is nie, maar ten doel om die mag van die ANC te breek, en met die vooruitsig van COPE se samesmelting, bring dit daardie moontlikheid nog steeds nader.

Soos my ouboet altyd met al sy korrespondensie, privaat, en besigheid, skrywe sê ek

Afrikanergroete,
Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top