Beste Jan
Ek vra weer: Wat het Rooi Daantjie ooit iets vir die Afrikaner gedoen wat AfriForum nie beter gedoen het nie, en jy antwoord: “EK WEET NIE, maar as jy dink AfriForum het meer en beter gedoen, maak dit die ontsettend baie wat Dan gedoen het, en nog steeds doen, ongedaan?” Jy sê jy weet nie, dan in dieselfde asem dat hy wel ontsettend baie gedoen! A contradiction in terms. Wei vir ons ’n bietjie uit waaroor die Afrikaner aan Rooi Daantjie dankbaar behoort te wees. Wat sien ek in die ou nie raak nie wat jy oor so bewonder?
Wat dink jy van die Afrikaner Burgerlike Netwerk met Solidariteit aan die spits en Willie Buys as voorsitter? Dink jy nie hulle maak sommer groot golwe ten gunste van die Afrikaner nie?
Die klem is op strewe na Kulturele Vryheid vir die Afrikaner, wat van die 30 sleutel Afrikaner organisasies betrek soos: Die Afrikaanse Taalraad; ATKV; Afrikanerbond; Vroue in Aksie; Die Dameskring; Die Voortrekkers (jeug); FAK; Fedsas; Helpende Hand; Jong Dames Dinamiek; Oraniabeweging; Rapportryersbeweging; SAOU; Solidariteit; AfriForum TVL Lamdbou-unie; Voortrekkermonument en Erfenisstigting; Afrikaanse Vereeniging van Regslui – almal deel van die Afrikaner Burgerlike Netwerk.
Hoekom gooi Rooi Daantjie nie sy gewig agter hulle in nie, word selfs deel van hulle in belang van Afrikaner solidariteit nie, pleks om krities op te tree.
Ek hoor graag van jou, wat jy daaroor te sê het.
Jaco Fourie

