Afrikanerrealiteite

  • 2

Daar is ’n heftig rasse-aanslag teenoor die Afrikaner, sy taal en kultuur soos nooit sedert die Engelse oorloë nie. Geen militêre aanslag nie, maar ’n politiese en getalle oorwig aanslag deur die oorgrote meerderheid non-Afrikaners wat wil hê dat die Afrikaner sy hele geskiedenis, taal en kultuur moet misken, asook dat hy ekonomies in armoede gedwing moet word. Onlangse protes en gewelddadige optredes teenoor tradisionele Afrikaner-instellings soos skole, landboukolleges, universiteite, standbeelde, naamsveranderings; asook swart werksreservering, ens is skreiende voorbeelde hiervan. Dat daar tot dusver nie meer gewelddadig teenoor hom tans opgetree word nie, is die reële bewustheid dat sodanige optredes groter werksverliese en armoede onder die non-Afrikaners ten gevolge sal hê wat die swart regering in groter verleentheid sal dompel. Die Afrikaner se huidige werkskeppingsvermoë onder hulle, is sy heil tans tot oorlewing in hierdie land. Indien dit nie meer van toepassing is nie, word die Afrikaner vir hulle uitgedien en verhandelbaar, tot gevolge van gevaarlike kwesbaarheid.

Sedert 1994 het Afrikaners hulle vrywillig aan die nuwe bestel onderwerp, met die verwagtinge dat hulle as Afrikaners op gelyke voet met die res van die Suid-Afrikaanse gemeenskap aanvaar sou word. Dit het ooglopend nie gebeur nie. Afrikaners is nie welkom in die land se kulturele feeste nie. Alle kulture word tydens sodanige feeste verteenwoordig, maar die Afrikaner se afwesigheid by sodanige feeste is skreiend sigbaar. Die onlangse “Heritage Day” vieringe is ’n tipiese voorbeeld. Op TV en ander media het die Indiër en bruinman verteenwoordiging gehad, maar geensins blanke Afrikaners nie. Hulle word eenvoudig nie uitgenooi nie. Geen wonder dat Afrikaners die dag nou eerder as “Nasionale Braaivleisdag” vier. As gevolg hiervan, hoort Afrikaners al die ander openbare vakansiedae soortgelyk ook vir hulself te kaap met ’n Afrikaner-geur daaraan geheg.

Feitlik moet die Afrikaner aanvaar dat hy as persoon vanuit alle staats-instellings geleidelik uitgeskop gaan word; dat “Die Stem” gedeelte van die volkslied afgeskaf gaan word; dat Engels die voer-en-wetstaal van die land gaan word; dat naamsveranderinge ’n “fait accompli” gaan word; ens. Die verbete stryd tans deur Afrikaners daarteen, is ’n stryd teenoor die onvermydelike. Waar Afrikaners sedert 1994 bereid was om op gelyke voet in die samelewing te integreer, word sodanige wens tot integrasie op gelyke voet deur die meerderheid non-Afrikaners teëgestaan. Niks behalwe die algehele uitwissing waarvoor ’n Afrikaner staan en is nie, gaan die non-Afrikanermassa tevrede stel nie. Hierdie non-Afrikanermassa dwing die Afrikaner nou om na ander heenkome vir sy selfstandigheid te moet soek, alternatief om te hensop.

Die hensop-politieskorrekte-Afrikaner is bereid om sy voorouers en waarvoor hulle vir hulle volk se regte en instellings gestry het, vaarwel te sê en word van die felste onder Afrikaners wat die res van Afrikanerdom wil verkwalik omrede die nie dieselfde paadjie van kulturele selfvernietiging wil volg nie. Onder hulle, soos in die “Luister”-optredes, word hulle die vonk wat die lont aansteek om in hulle volksgenote se gesigte te laat ontplof, erger terroriste as die terroris Harris wat vir die stasiebom geplant het. Ook tragies. Aan die anderkant van die spektrum het ons die gekkegrens Afrikaners wat Afrikaners in hulle bekrompe blikkies van die verlede wil indruk; vir hulle leiers se indiwiduele persoonlike gewin vanuit fondse bekom deur niksbeterwetende en soortgelyke bitter Afrikaners.

“Die kerngedagte van ons (Solidariteit) se plan is SELFSTANDIGHEID. Ons het lankal agtergekom dat ons nie op die staat kan vertrou om ’n toekoms vir ons (Afrikaners) te skep nie. Ons moet SELF verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.” Flip Buys.

Volksstaat is ’n onmoontlikheid. Selfs aanhangers van die bestel besef dit goed, die dat dit nie meer so ywerig deur hulle bevorder word nie. Kulturele onafhanklike selfstandigheid is die enigste ander alternatief tot Afrikanerselfbewussyn, en die enigste organisasie wat die finansiële middele asook die mannekrag (tans 300 000, beplan 500 000 binne vyf jaar) daartoe het, is Solidariteit/AfriForum.

Planne tot die daarstelling daarvan vanuit ’n huidige begroting van R3,5miljart (biljoen).

1. Die uitbou van die huidige 110 landswye takke
2. Die uitbou van Akademia tot ’n nuwe private Afrikaanse universiteit binne die volgende 5 jaar. Die grond is reeds aangekoop.
3. Die bestaande tegniese kollege SolTech word uitgebrei na 1 500 studente per jaar.
4. Miljoene rande se hulp aan Afrikaner studente, tans 4 500 studente @ R73mil, beplan R160mil @ 2020.
5. Die uitbring van nuwe metodes vir Afrikanerwerkskepping waarvoor die grootste gedeelte van hulle begroting aangewend gaan word, oa die ontwikkeling van nuwe elektroniese metodes om mense te help om goeie werk te kry en te behou.
6. R735mil in gemeenskappe te belê, oa verval van munisipale dienste, Afrikaanse skole finansieel ondersteun, ens.
7. Internetmuseum vir Afrikaanse geskiedenis, aanvullend tot skoolkurrikulum.
8. Bevordering van Afrikaans in alle sektore van die samelewing.
9. Gemeenskapsveiligheid.
10. Armoede-verligting en bekamping onder Afrikaners.
11. Erfenisbewaring.
12. Afrikaanse gemeenskapsmedia.
13. Hofsake-kostes om Afrikanerregte te verskans.

Vir die volledige verslag, lees: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/helpmekaarplan-van-r35-miljard-vir-afrikaners/

As Afrikaner, kan jy nie anders as om hierdie doelwitte met jou lidmaatskap en vrywillige bydraes te wil ondersteun nie?

  • 2

Kommentaar

  • Jaco

    Wie is hierdie Afrikaner na wie jy heeltyd verwys. Is hy net wit? Indien wel is dit aanmatigend om te beweer dat net hy ly as sy taal aangeval word. Ek bly in die Kaap en ek kan jou verseker daar is miljoene nie-wit gebruikers van Afrikaans.

    Thomas

  • Thomas
    Dankie vir jou respons.
    My brief hierbo gaan oorwegend nie oor die Afrikaanse taal nie. Ek is heel bewus dat die blanke Afrikaanssprekende 'n minderheid-gebruiker van die taal is, net soos die Britte, 'n minderheid gebruiker van hul taal is.
    Solank die anderskleurige en blanke Afrikaanssprekende nie in een kultuurgroep onoplosbaar ge-integreer het nie, wat geensins blyk in jou en my leeftyd te gaan gebeur nie, bly daar 'n onbetwisbare verskil tans wat nie geïgnoreer kan word nie. Indien jy op hoogte van bruin politiek is sal jy weet hulle is heel gelukkig om die taal met blankes te deel, maar streef eerder na 'n eiesoortige kultuur apart van die blanke s'n. Hier op SêNet is die rubrieke van Michael le Cordier (Afrikaanse Taalraad), Jason Lloyd "Bruin Identiteit" https://www.litnet.co.za/bruin-identiteit-en-afrikaans/#comment-36570, asook omtrent al die ander bruin SêNet-deelnemers van dieselfde mening; wat my stelling onderskraag.
    In my brief hierbo, wanneer ek na Afrikaners verwys, verwys ek na die blanke Afrikaanssprekende. Die ander Afrikaanssprekendes wil glad nie as Afrikaner uitgeken word nie. so ook wil ek as Afrikaner, nie as "Afrikaanse" uitgeken word nie. (wat jou vraag aan my behoort te beantwoord). Waar ek na enige aspekte van die Afrikaanse taal verwys, sluit dit in alle Afrikaanssprekendes ongeag hulle kultuur. Dit is hoe ek Solidariteit se siening daaroor ook verstaan. Hulle Afrikaanse fokus op taal, werkskepping, media-skepping, selfverdediging, onderrig, sluit almal in. Waar dit kom by erfenisbewaring en ander eiesoortige kultuur-eienskappe van sodanige betrokke kultuur, is die verwysing na genoemde kultuur, in hierdie geval, die Afrikaner.
    Bv. die Durbanse Indiër se voertaal is Engels, dus deel hy dieselfde taal in SA met ander kulture wat se voertaal ook Engels is, maar hulle eiesoortige kultuur kan geensins met ander Engelssprekende kultuurgroepe vereenselwig word nie.
    Huidig is staatsdiskriminasie oorweldigend op die Afrikaner (blankes) gemik. Bruin Afrikaanssprekendes, veral met werkreservering, is ongetwyfeld beter bevoordeel. Lees Jason Lloyd se skakel hierbo, en jy kom dit gou agter.
    Sondag Rapport 11/10/15 het 'n breedvoerige verslag oor Solidariteit se doelstellings gedruk. Lees dit gerus.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top